habitat [boodskap #134159] |
Ma, 19 Oktober 2020 12:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
habitat
Afbreking: ha•bi•tat
Selfstandige naamwoord: habitat
Meervoud: habitats, habitatte
Betekenis:
• Die natuurlike woongebied van 'n organisme (dier of plant).
Gebruik:
• Sommige voëls, soos swaels, verander hul habitat na gelang van die seisoen.
Sinoniem:
• groeiplek (plante)
• verblyfplek
• vindplek
• woongebied
• woonplek
Afgelei:
• habitasie
• habitatbenodigdhede
• habitatisolasie
• habitattipe
• habitatvereistes
• habitatversperring
• habitatverwoesting
Vertaling:
Engels: habitat
Nederlands: habitat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|