witgatspreeu [boodskap #134152] |
So, 18 Oktober 2020 15:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
witgatspreeu
Afbreking: wit•gat•spreeu
Samestelling: wit + gat + spreeu
Selfstandige naamwoord: witgatspreeu
Meervoud: witgatspreeus
Verkleinwoord: witgatspreeutjie
Meervoud van verkleining: witgatspreeutjies
Betekenis:
• 'n Endemiese algemene standvoël in grasveld en Karoobossieveld, Lamprotornis bicolor.
Gebruik:
• Die witgatspreeu het wit vere onder die maag en kom dikwels in swerms voor, soms saam met die lelspreeu.
Sinoniem:
• bontspreeu
• gatgaai
• gatgai
• ghwaai-ghwaai
Vertaling:
Engels: pied starling
Nederlands: tweekleurige glansspreeuw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|