poekoe [boodskap #134148] |
So, 18 Oktober 2020 08:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20806 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
poekoe
Afbreking: poe•koe
Selfstandige naamwoord: poekoe
Meervoud: poekoes
Verkleinwoord: poekoetjie
Meervoud van verkleining: poekoetjies
Betekenis:
• 'n Wildsbok wat in die noorde van Botswana voorkom, Kobus vardonii.
Gebruik:
• Die poekoe het 'n horisontale rug en is feitlik oor sy hele lyf goudbruin, maar die pens is wit.
Vertaling:
Engels: puku
Nederlands: puku
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|