voorreg [boodskap #134128] |
Sat, 17 October 2020 08:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorreg
Afbreking: voor•reg
Selfstandige naamwoord: voorreg
Meervoud: voorregte
Verkleinwoord: voorreggie
Meervoud van verkleining: voorreggies
Betekenis:
• 'n Besondere reg wat aan 'n mens toegeken word, of 'n besonderse eer wat 'n mens te beurt val.
Gebruik:
• Dit sal vir my 'n voorreg wees om dit te doen.
Sinoniem:
• begunstiging
• eer
Afgelei:
• bevoorreg
• reusevoorreg
Vertaling:
Engels: privilege
Nederlands: voorrecht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|