onnadenkend [boodskap #134116] |
Fri, 16 October 2020 14:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onnadenkend
Afbreking: on•na•den•kend
Samestelling: on- + nadenkend
Byvoeglike naamwoord: onnadenkend
Vergrotende trap: onnadenkender
Oortreffende trap: onnadenkendste
Attributief: onnadenkende
Partitief: onnadenkends
Betekenis:
• Sonder om eers oor 'n saak na te dink.
Gebruik:
• Sy het haar motor se sleutels onnadenkend in die yskas gesit.
Sinoniem:
• ondeurdag
Antoniem:
• nadenkend
Afgelei:
• onnadenkendheid
Vertaling:
Engels: thoughtless
Nederlands: onnadenkend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|