Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » keël
keël [boodskap #134115] Fri, 16 October 2020 13:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Keël met radius r, hoogte h en skuinssy s.
'n Keël met radius r, hoogte h en skuinssy s.
'n Keel.
'n Keel.
keël
Afbreking: ke•ël
Uitspraak: /kiə̯l/


Selfstandige naamwoord: keël, kegel
Meervoud: keëls, kegels
Verkleinwoord: keëltjie, kegelstjie
Meervoud van verkleining: keëltjies, kegeltjies

Betekenis:
• 'n Figuur met 'n plat, ronde basis wat nouer word soos dit boontoe loop.
• Iets was so 'n vorm het.
• (plantkunde) Die vrug van 'n naaldboom.

Gebruik:
• Die oppervlakte van 'n keël is A = πr2 + πrl en die inhoud is V = πr2h / 3.
• 'n Keël kan met die vorm van 'n heksehoed vergelyk word.
• Dennebome het manlike en vroulike keëls.

Wisselvorm:
• kegel
• konus

Afgelei:
• keëlagtig
• keëlas
• keëldraend
• keëlrat
• keëlsnit
• keëlvlak
• keëlvormig

Vertaling:
Engels: cone; cone of a tree
Nederlands: kegel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beek
Volgende onderwerp: onnadenkend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 04:33:39 UTC 2025