duiselig [boodskap #134107] |
Thu, 15 October 2020 15:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duiselig
Afbreking: dui•se•lig
Samestelling: duisel + -ig
Byvoeglike naamwoord: duiselig
Attributief: duiselige
Betekenis:
• Gevoel asof jou kop draai en jy jou balans verloor.
Gebruik:
• Dis normaal om soms duiselig te voel, maar gaan sien 'n dokter as dit chronies word.
Sinoniem:
• lighoofdig
• slingerig
Afgelei:
• duisel (ww.)
• duiseligheid
Vertaling:
Engels: dizzy
Nederlands: duizelig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|