| teer [boodskap #134105] |
Do., 15 Oktober 2020 14:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24156 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Teer
teer
Afbreking: teer
Selfstandige naamwoord: teer
Meervoud: –
Betekenis:
• Swart, olieagtige vloeistof met 'n hoë viskositeit.
Gebruik:
• Teer is afkomstig van ru-olie en is glad nie omgewingsvriendelik nie.
Spreekwoord:
• Dit smaak na teer en ek lus nog meer. [Dit het lekker gesmaak.]
Hiponiem:
• houtteer
• koolteer
• sigaretteer
• stockholmteer
Afgelei:
• teeragtig
• teerkol
• teerpad
• teerput
• teertou
Vertaling:
Engels: tar, pitch
Nederlands: teer
Werkwoord: teer
Verlede tyd: het geteer
Verlede deelwoord: geteerde
Betekenis:
• Om met die olieagtige vloeistof te besmeer.
• Om iemand, sonder iets in ruil, van lewensonderhoud te voorsien.
Gebruik:
• Die padwerkers teer die pad.
• Ouer kinders wat op hulle ouers teer moet uit die huis uit geskop word.
Vertaling:
Engels: to tar
Nederlands: teren
Byvoeglike naamwoord: teer
Vergrotende trap: teerder
Oortreffende trap: teerste
Attributief: teer, tere
Partitief: teers
Betekenis:
• Wat sag en gevoelig is.
Gebruik:
• Liewe Jesus sag en teer, sien op my, U kindjie neer.
Sinoniem:
• delikaat
• sagkens
Afgelei:
• teergevoelig
• teerhartig
• teerheid
Vertaling:
Engels: fragile, frail, tender, delicate
Nederlands: teer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|