| waarskuwing [boodskap #134103] |
Do., 15 Oktober 2020 13:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Waarskuwingsteken.
waarskuwing
Afbreking: waar•sku•wing
Selfstandige naamwoord: waarskuwing
Meervoud: waarskuwinge, waarskuwings
Verkleinwoord: waarskuwinkie
Meervoud van verkleining: waarskuwinkies
Betekenis:
• Iets wat 'n potensiële gevaar uitwys en mens maan om versigtig te wees.
Gebruik:
• Die weerburo het 'n waarskuwing weens die hoë brandgevaar uitgereik.
• Hy slaan ons waarskuwings in die wind.
Hiponiem:
• weerwaarskuwing
Afgelei:
• waarskuwingsbord
• waarskuwingsein
• waarskuwingsisteem
• waarskuwingskoot
• waarskuwingslig
• waarskuwingsteken
Vertaling:
Engels: warning, caution
Nederlands: waarschuwing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|