kaggel [boodskap #134100] |
Thu, 15 October 2020 13:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaggel
Afbreking: kag•gel
Selfstandige naamwoord: kaggel
Meervoud: kaggels
Verkleinwoord: kaggeltjie
Meervoud van verkleining: kaggeltjies
Betekenis:
• Toestel waarin vuur gemaak word om 'n vertrek op te warm.
Gebruik:
• As dit koud is in die winter, stook ons die kaggel van vroeg tot laat.
Sinoniem:
• vuurherd
Afgelei:
• kaggelbesem
• kaggeldeur
• kaggelfabriek
• kaggelmantel
• kaggeloond
• kaggelpyp
• kaggelrak
• kaggelrook
• kaggelrooster
• kaggelskerm
• kaggelskoorsteen
• kaggelstel
• kaggelteël
• kaggelvuur
Vertaling:
Engels: fireplace
Nederlands: kachel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|