| snobisme [boodskap #134095] |
Do., 15 Oktober 2020 06:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snobisme
Afbreking: sno•bis•me
Samestelling: snob + -isme
Selfstandige naamwoord: snobisme
Meervoud: –
Betekenis:
• Soos 'n snob optree. Jouself beter voordoen as wat jy is en neerkyk op die wat jy minderwaardig ag.
Gebruik:
• Snobisme is 'n uiters lelike karaktereienskap.
Sinoniem:
• hooghartigheid
Spelfout:
• snobbisme
Vertaling:
Engels: snobbishness, snobbery
Nederlands: snobisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|