Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jaloesie
jaloesie [boodskap #134088] Tue, 13 October 2020 19:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
jaloesie
Afbreking: ja•loe•sie


Selfstandige naamwoord: jaloesie
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Gevoel van leed of spyt oor iets goeds wat 'n ander te beurt val en wat mens hom/haar nie gun nie.

Gebruik:
Jaloesie is 'n uiters onaantreklike eienskap.
• Moenie die verterende krag van jaloesie onderskat nie.

Sinoniem:
• afguns
• jaloersheid
• naywer
• nyd

Vertaling:
Engels: jealousy, envy
Nederlands: jaloezie

'n Venster met 'n jaloesie.
'n Venster met 'n jaloesie.

Selfstandige naamwoord: jaloesie
Meervoud: jaloesieë

Betekenis:
• Sonblinding van dun stroke hout, metaal, ens. wat voor 'n venster hang.

Gebruik:
• Die son skyn in my oë, trek asseblief die jaloesie toe.

Sinoniem:
• blinding
• sonhortjie

Afgelei:
• jaloesiekap
• jaloesieraam

Vertaling:
Engels: window blind, Venetian blind
Nederlands: jaloezie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertrap
Volgende onderwerp: veelrassigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 03:03:09 UTC 2025