geleerdheid [boodskap #134084] |
Tue, 13 October 2020 14:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geleerdheid
Afbreking: ge•leerd•heid
Selfstandige naamwoord: geleerdheid
Meervoud: geleerdhede
Betekenis:
• Uitgebreide kennis wat deur studie verkry is.
Gebruik:
• Jou kind sal sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf. [C.J. Langenhoven]
Afgelei:
• boekgeleerdheid
• skoolgeleerdheid
• regsgeleerdheid
• skrifgeleerdheid
Vertaling:
Engels: education, erudition, learning, studies
Nederlands: geleerdheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|