erfenis [boodskap #134077] |
Mon, 12 October 2020 16:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erfenis
Afbreking: er•fe•nis
Selfstandige naamwoord: erfenis
Meervoud: erfenisse
Verkleinwoord: erfenissie
Meervoud van verkleining: erfenissies
Betekenis:
• Dit wat na 'n persoon se dood aan die nageslag oorgedra word, of kollektief van voorgeslagte verkry is.
Gebruik:
• Erfenis is nie net die konkrete erfgoed wat ons van ons voorouers ontvang het nie, maar ook ons kultuur, taal en hele menswees.
Wisselvorm:
• erfnis
Sinoniem:
• nalatenskap
Afgelei:
• Erfenisdag
• erfenisgebied
Vertaling:
Engels: inheritance, heritage
Nederlands: erfenis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|