effek [boodskap #134075] |
Mon, 12 October 2020 15:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
effek
Afbreking: ef•fek
Selfstandige naamwoord: effek
Meervoud: effekte
Betekenis:
• Die gevolg van 'n handeling of gebeurtenis.
• (finansies) Stuk papier, as bewys van geldwaarde, wat teen 'n sekere datum met rente aan die houer terugbetaal moet word.
Gebruik:
• Wat is die virus se effek op die ekonomie?
• Effekte is normaalweg 'n goeie belegging.
Sinoniem:
• gevolg
• invloed
• uitwerking
Hiponiem:
• boemerangeffek
• newe-effek
• klankeffek
Afgelei:
• effektebeurs
• effektemakelaar
• effektemark
Vertaling:
Engels: effect
Nederlands: effect
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|