bekoorlik [boodskap #134062] |
Ma, 12 Oktober 2020 07:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bekoorlik
Afbreking: be•koor•lik
Byvoeglike naamwoord: bekoorlik
Vergrotende trap: bekoorliker
Oortreffende trap: bekoorlikste
Attributief: bekoorlike
Partitief: bekoorliks
Betekenis:
• Wat mooi is en bekoring opwek; 'n betowerende aantrekkingskrag uitoefen.
Gebruik:
• Sy was op haar dag 'n bekoorlike jong vrou gewees.
Sinoniem:
• aanloklik
• aanminlik
• aantreklik
• aanvallig
• innemend
• lieflik
• pragtig
• verleidelik
• welgevallig
Antoniem:
• afstootlik
• onaantreklik
Afgelei:
• bekoorlikheid
Vertaling:
Engels: attractive, appealing, charming, enchanting
Nederlands: bekoorlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|