belet [boodskap #134061] |
Ma, 12 Oktober 2020 07:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
belet
Afbreking: be•let
Werkwoord: belet
Verlede tyd: het belet
Betekenis:
• Iets verbied; beveel om dit nie te doen nie.
Gebruik:
• My pa het my kêrel die huis belet.
• Moenie jou kinders onskuldige plesier belet nie.
Spreekwoord:
• 'n Mens kan die koei die bulk nie belet nie. [Die natuur kan nie onderdruk word nie.]
Sinoniem:
• verhinder
Vertaling:
Engels: to forbid, block, hinder, prevent
Nederlands: beletten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|