taalaktivis [boodskap #134054] |
Sun, 11 October 2020 16:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
taalaktivis
Afbreking: taal•ak•ti•vis
Samestelling: taal + aktivis
Selfstandige naamwoord: taalaktivis
Meervoud: taalaktiviste
Verkleinwoord: taalaktivissie
Meervoud van verkleining: taalaktivissies
Betekenis:
• Iemand wat vir die regte van 'n taal opkom.
Gebruik:
• Ek is nie noodwendig 'n taalbul (of 'n taalkoei) nie, maar wel 'n ywerige taalaktivis!
Sinoniem:
• taalstryder
Afgelei:
• taalaktivisme
Vertaling:
Engels: language activist
Nederlands: taalaktivist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|