afgunstig [boodskap #134044] |
Sun, 11 October 2020 08:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afgunstig
Afbreking: af•guns•tig
Byvoeglike naamwoord: afgunstig
Vergrotende trap: afgunstiger
Oortreffende trap: afgunstigste
Attributief: afgunstige
Betekenis:
• Vol van afguns; jaloers wees en iemand nie gun wat hy het, of wat mens vir jouself wil hê nie.
Gebruik:
• Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. [1 Kor. 13:4]
Sinoniem:
• jaloers
• naywerig
• nydig
• spytig
Afgelei:
• afgunstigheid
Vertaling:
Engels: envious, jealous, spiteful, covetous
Nederlands: afgunstig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|