| akkommodasie [boodskap #134043] |
So., 11 Oktober 2020 08:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
akkommodasie
Afbreking: ak•kom•mo•da•sie
Selfstandige naamwoord: akkommodasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Voorsiening ten behoewe van die verblyf van persone.
• Aanpassing by omstandighede.
Gebruik:
• Die vakansieoord bied kampeerplek, bekostigbare selfsorg-eenhede en luukse akkommodasie.
• In die oogkunde is akkommodasie die vermoë van die oog om die vorm van die lens so te verander dat 'n duidelike beeld op die retina val.
Sinoniem:
• behuising
• huisvesting
• losies
Afgelei:
• akkommodeer
• akkommodasievermoë
• akkommoderend
Spelfout:
• akkomodasie
Vertaling:
Engels: accommodation, accoutrement
Nederlands: accommodatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|