agterdog [boodskap #134041] |
Sun, 11 October 2020 07:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agterdog
Afbreking: ag•ter•dog
Selfstandige naamwoord: agterdog
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Gevoel van wantroue; twyfel aan die opregte intensie.
Gebruik:
• Hier op ons plasie is dit net voëltjies wat raas, en ander geluide is maar vreemd en wek vinnig agterdog.
Sinoniem:
• argwaan
• suspisie
• wantroue
Afgelei:
• agterdogtig
Vertaling:
Engels: suspicion, mistrust
Nederlands: achterdocht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|