Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » publiek
publiek [boodskap #134040] Sun, 11 October 2020 07:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
publiek
Afbreking: pu•bliek


Selfstandige naamwoord: publiek
Meervoud:

Betekenis:
• Versamelnaam vir 'n groot groep mense, soos die burgers 'n land of die toeskouers by 'n geleentheid.

Gebruik:
• Omdat korrupsie tot die nadeel van die publiek geskied, is dit belangrik om maatreëls in te stel om die voorkoms daarvan te beperk.

Vertaling:
Engels: public, audience
Nederlands: publiek


Byvoeglike naamwoord: publiek
Attributief: publieke

Betekenis:
• Vry toeganklike en vir almal beskikbaar.
• Wat die burgers van 'n land aangaan.

Gebruik:
• Dit is seker die grootste publieke geheim tot nog toe.
Publieke administrasie is veronderstel om die publiek te dien, doeltreffend te wees, respek af te dwing en dit vir die mense moontlik maak om 'n veilige en regverdige bestaan te voer.

Sinoniem:
• openbaar

Antoniem:
• privaat

Afgelei:
• publikasie
• publisiteit

Vertaling:
Engels: public, publicly
Nederlands: publiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bandeloos
Volgende onderwerp: agterdog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 03:56:47 UTC 2025