koers [boodskap #134030] |
Sat, 10 October 2020 08:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koers
Afbreking: koers
Selfstandige naamwoord: koers
Meervoud: koerse
Betekenis:
• Die rigting waarin beweeg.
• Die prys van geld.
• Die aantal kere wat iets gebeur.
Gebruik:
• Die skip het van koers verander.
• Pryse sal teen 'n koers van 10% styg.
• Mense word in Suid-Afrika teen 'n koers van 57 per dag vermoor.
Spreekwoord:
• Hy raak van koers af. [Deurmekaar raak.]
• Hy slaan 'n nuwe koers in. [Kies 'n nuwe rigting; pak 'n saak anders aan.]
Hiponiem:
• belastingkoers
• uitleenkoers
• wisselkoers
Afgelei:
• koersloos
Vertaling:
Engels: course, direction, route; price, exchange; rate
Nederlands: koers
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|