onreinheid [boodskap #134026] |
Fri, 09 October 2020 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onreinheid
Afbreking: on•rein•heid
Selfstandige naamwoord: onreinheid
Meervoud: onreinhede
Betekenis:
• Toestand van onrein wees; vuil en onsindelik, of onsedelik wees.
Gebruik:
• Die Ou Testament bevat allerlei voorskrifte rondom reinheid en onreinheid.
Antoniem:
• reinheid
Vertaling:
Engels: impurity, uncleanliness
Nederlands: onreinheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|