vrekkerig [boodskap #134024] |
Fri, 09 October 2020 14:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrekkerig
Afbreking: vrek•ke•rig
Byvoeglike naamwoord: vrekkerig
Vergrotende trap: vrekkeriger
Oortreffende trap: vrekkerigste
Attributief: vrekkerige
Betekenis:
• Soos 'n vrek; baie suinig/ inhalig/ gierig.
• Dooierig en sonder lewenslus; gevrek.
Gebruik:
• 'n Mens moet binne jou vermoë leef, maar om met só 'n salaris so vrekkerig te wees is ook nie reg nie.
• A nee a, wat is jy so vrekkerig vandag?
Wisselvorm:
• vrekagtig
• vrekkig
Sinoniem:
• inhalig
• gierig
• skraapsugtig
• suinig
Antoniem:
• spandabelrig
Afgelei:
• vrekkerigheid
Vertaling:
Engels: close‐fisted, mingy
Nederlands: vrekkig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|