Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » komedie
komedie [boodskap #134022] Fri, 09 October 2020 12:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
komedie
Afbreking: ko•me•die


Selfstandige naamwoord: komedie
Meervoud: komedies
Verkleinwoord: komedietjie
Meervoud van verkleining: komedietjies

Betekenis:
• 'n Toneelstuk, fliek of boek met 'n komiese plot wat mens laat lag.
• (figuurlik) Iets wat mens behoort te laat lag.

Gebruik:
• Min mense weet dat William Shakespeare ook enkele komedies geskryf het.
• Vanoggend se kerkdiens was 'n komedie!

Sinoniem:
• blyspel

Antoniem:
• tragedie
• treurspel

Aflei:
• komediant
• komediehuis
• komediereeks
• komediespel
• komediespeler
• komediestuk

Vertaling:
Engels: comedy
Nederlands: komedie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: epiloog
Volgende onderwerp: verstom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 03:56:01 UTC 2025