kleios [boodskap #134014] |
Fri, 09 October 2020 07:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleios
Afbreking: klei•os
Samestelling: klei + os
Selfstandige naamwoord: kleios
Meervoud: kleiosse
Verkleinwoord: kleiossie
Meervoud van verkleining: kleiossies
Betekenis:
• Model van 'n os of bees van klei, meestal as speelding vir kinders, soortgelyk aan karretjies vandag.
Gebruik:
• Die meisies speel met hulle poppe terwyl die seuns kleiosse inspan.
Spreekwoord:
• So toe soos 'n kleios se gat. [Dig gesluit, of figuurlik, nie baie skerp nie.]
Wisselvorm:
• klei-os
Verwant:
• kleiperd
Vertaling:
Engels: clay ox
Nederlands: kleios
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|