karikatuur [boodskap #134009] |
Thu, 08 October 2020 16:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
karikatuur
Afbreking: ka•ri•ka•tuur
Selfstandige naamwoord: karikatuur
Meervoud: karikature
Verkleinwoord: karikatuurtjie
Meervoud van verkleining: karikatuurtjies
Betekenis:
• 'n Humoristiese voorstelling van 'n persoon of saak, waarby die mees kenmerkende trekke sterk oordryf word.
Gebruik:
• Die doel van 'n karikatuur is nie net om die lag op te wek nie, maar ook om die toeskouer of leser tot nadenke te stem.
Sinoniem:
• spotprent
Afgelei:
• karikatuurskilder
Vertaling:
Engels: caricature
Nederlands: karikatuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|