vraatsugtig [boodskap #133999] |
Thu, 08 October 2020 09:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vraatsugtig
Afbreking: vraat•sug•tig
Byvoeglike naamwoord: vraatsugtig
Vergrotende trap: vraatsugtiger
Oortreffende trap: vraatsugtigste
Attributief: vraatsugtige
Betekenis:
• Deur vraatsug/gulsigheid gekenmerk.
Gebruik:
• Hy het vraatsugtig begin eet, asof hy weke laas kos gesien het.
Sinoniem:
• gulsig
• hongerig
• vraatsig
• vraterig
• vreetsaam
Afgelei:
• vraatsugtigheid
Vertaling:
Engels: voracious, gluttonous
Nederlands: vraatzuchtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|