jaagduiwel [boodskap #133986] |
Tue, 06 October 2020 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jaagduiwel
Afbreking: jaag•dui•wel
Samestelling: jaag + duiwel
Selfstandige naamwoord: jaagduiwel
Meervoud: jaagduiwels
Verkleinwoord: jaagduiweltjie
Meervoud van verkleining: jaagduiweltjies
Betekenis:
• Iemand wat te vinnig ry. Persoon wat die snelheidsperk op onverskillige wyse oorskry.
Gebruik:
• Die N1-snelweg was altyd 'n plesier, maar deesdae voel dit asof dié hoofroete elke padvark en jaagduiwel se speelplek geword het.
Sinoniem:
• spoedvraat
Vertaling:
Engels: speed maniac; speed‐merchant
Nederlands: snelheidsmaniak, snelheidsduivel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|