| aptyt [boodskap #133981] |
Di., 06 Oktober 2020 14:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aptyt
Afbreking: ap•tyt
Selfstandige naamwoord: aptyt
Meervoud: aptyte
Verkleinwoord: aptytjie
Meervoud van verkleining: aptytjies
Betekenis:
• Die behoefte om voedsel in te neem.
Gebruik:
• Al die bloed het sy aptyt heeltemal bederf.
Sinoniem:
• eetlus
Afgelei:
• aptytverlies
• aptytwekkend
• aptytwekker
Vertaling:
Engels: appetite, gluttonousness
Nederlands: eetlust
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|