ru [boodskap #133977] |
Tue, 06 October 2020 14:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ru
Afbreking: ru
Byvoeglike naamwoord: ru
Vergrotende trap: ruwer, ruer
Oortreffende trap: ruuste
Attributief: ru, ruwe
Betekenis:
• Grof en ongelyk, oneffe, nie glad nie.
• In natuurlike toestand; onverwerk en ongesuiwerd.
• Onbeskof en ongemanierd.
Gebruik:
• Die ru oppervlak veroorsaak baie wrywing.
• Die ruwe diamant moet geslyp word.
• Haar ruwe taal het selfs die mans geskok.
Sinoniem:
• rof
Antoniem:
• glad
Afgelei:
• ru-olie
• ru-yster
• ruheid
Vertaling:
Engels: coarse, rough; raw, crude; harsh, brute, rough
Nederlands: ruw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|