hemelbed [boodskap #133962] |
Mon, 05 October 2020 14:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hemelbed
Afbreking: he•mel•bed
Samestelling: hemel + bed
Selfstandige naamwoord: hemelbed
Meervoud: hemelbeddens
Verkleinwoord: hemelbedjie
Meervoud van verkleining: hemelbedjies
Betekenis:
• Bed met 'n kap (hemel) en gordyne.
Gebruik:
• 'n Hemelbed is elegant, romanties en skep 'n kokon van privaatheid om die inslapendes.
Sinoniem:
• babbeljoentjie
Vertaling:
Engels: four-poster bed, canopy bed
Nederlands: hemelbed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|