insident [boodskap #133960] |
Mon, 05 October 2020 13:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
insident
Afbreking: in•si•dent
Selfstandige naamwoord: insident
Meervoud: insidente
Verkleinwoord: insidentjie
Meervoud van verkleining: insidentjies
Betekenis:
• Iets wat gebeur terwyl iets anders aan die gang is; voorval wat 'n opskudding veroorsaak.
Gebruik:
• Daar het vanoggend 'n slegte insident op die skoolterrein plaasgevind.
• Waar kan ek die insident rapporteer?
Sinoniem:
• gebeurtenis
• voorval
Hiponiem:
• skietinsident
Afgelei:
• insidenteel
Vertaling:
Engels: incident
Nederlands: incident
Nota
• "Insident" is nie 'n anglisisme nie, maar van Romaanse afkoms. Gee nogtans eerder voorkeur aan die Dietse ekwivalente.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|