konklusie [boodskap #133959] |
Mon, 05 October 2020 12:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konklusie
Afbreking: kon•klu•sie
Selfstandige naamwoord: konklusie
Meervoud: konklusies
Betekenis:
• Die uitkoms van 'n denkproses; gevolgtrekking waartoe gekom word.
Gebruik:
• Dit is trouens die enigste logiese konklusie waartoe 'n mens kan kom.
Sinoniem:
• afleiding
• gevolgtrekking
• slotsom
Vertaling:
Engels: conclusion, inference
Nederlands: conclusie
Nota:
• "Konklusie" is nie 'n anglisisme nie, maar van Romaanse afkoms. Gee nogtans eerder voorkeur aan die Dietse ekwivalente.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|