Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strem
strem [boodskap #133934] Sun, 04 October 2020 09:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
strem
Afbreking: strem


Werkwoord: strem
Verlede tyd: het gestrem
Teenwoordige deelwoord: stremmende

Betekenis:
• Tot stilstand laat kom; hinder; bemoeilik; teenstaan.
• Laat stol; dik en styf word; koaguleer.

Gebruik:
• Faktore wat die kind se ontwikkeling kan strem moet vroegtydig geïdentifiseer en reggestel word.
• Mascarpone is Italiaanse roomkaas wat deur die byvoeging van suurlemoensap, asyn of sitroensuur gestrem word.

Afgelei:
• stremsel
• stremming

Vertaling:
Engels: to impede, handicap; to curdle, clot
Nederlands: belemmeren, fnuiken; stremmen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opsig
Volgende onderwerp: barion
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 02:59:17 UTC 2025