opsig [boodskap #133933] |
Sun, 04 October 2020 09:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsig
Afbreking: op•sig
Selfstandige naamwoord: opsig
Meervoud: opsigte
Verkleinwoord: opsiggie
Meervoud van verkleining: opsiggies
Betekenis:
• Die punt vanwaar mens na iets kyk; manier waarop mens iets beoordeel.
• Toesig en leiding.
Gebruik:
• Mosambiek word in administratiewe opsig in tien provinsies en die hoofstad Maputo verdeel.
• Al die skole was destyds onder opsig van die kerkraad.
Vertaling:
Engels: regard, respect; direction
Nederlands: opzicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|