slyk [boodskap #133906] |
Sat, 03 October 2020 08:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slyk
Afbreking: slyk
Selfstandige naamwoord: slyk
Meervoud: –
Betekenis:
• Slymerige grond; vuil afsaksel van modderwater; rioolflodder.
Gebruik:
• Die wal van die slikdam het meegegee en die voorstad met 'n golf dik slyk oorspoel.
Spreekwoord:
• In slyk wentel. [n Verdorwe lewe lei.]
• Iemand deur die slyk haal. [Sy goeie naam besmeer.]
• Iemand uit die slyk opraap. [Iemand uit 'n lae maatskaplike stand ophef.]
Sinoniem:
• slib
• slik
• slymmodder
Vertaling:
Engels: dirt, mud, slime
Nederlands: slijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|