kollektief [boodskap #133903] |
Sat, 03 October 2020 07:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kollektief
Afbreking: kol•lek•tief
Byvoeglike naamwoord: kollektief
Attributief: kollektiewe
Betekenis:
• As 'n geheel gesien.
Gebruik:
• Dis hoog tyd dat die amptenary kollektief en individueel aanspreeklik gehou word.
Sinoniem:
• gesamentlik
• gemeenskaplik
Afgelei:
• kollektiwiteit
Vertaling:
Engels: collective
Nederlands: collectief
Selfstandige naamwoord: kollektief
Meervoud: kollektiewe
Betekenis:
• 'n Selfstandige naamwoord wat, hoewel dit 'n enkelvoud is, 'n aantal bybehorende dinge of sake aandui.
Gebruik:
• Die leër, die bos en die jeug is voorbeelde van kollektiewe.
Sinoniem:
• collectivum
• versamelnaam
Afkorting:
• koll.
Vertaling:
Engels: collective noun
Nederlands: collectief, verzamelnaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|