| vaksine [boodskap #133894] |
Vr., 02 Oktober 2020 19:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26311 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
'n Vaksine teen pokke.
vaksine
Afbreking: vak•si•ne
Selfstandige naamwoord: vaksine
Meervoud: vaksines
Betekenis:
• 'n Biologiese middel wat weerstand/immuniteit teen 'n bakteriële of virale siekte bewerkstellig.
Gebruik:
• Wanneer iemand ingeënt is, is hy beter bestand teen die patogeen waarvoor die vaksine bedoel is.
Sinoniem:
• entstof
• serum
Verwant:
• vaksineer
Vertaling:
Engels: vaccine
Nederlands: vaccine
Nota:
• Van die Latynse woord vaccinia, "bees- of koeipokke".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|