bestraling [boodskap #133891] |
Fri, 02 October 2020 18:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bestraling
Afbreking: be•stra•ling
Samestelling: bestraal + -ing
Selfstandige naamwoord: bestraling
Meervoud: bestralings
Betekenis:
• Handeling om iets aan strale bloot te stel (dikwels om mediese redes).
Gebruik:
• Naas chemoterapie het die kankerpasiënt ook bestraling ontvang.
Sinoniem:
• radiasie
• straling
Afgelei:
• bestralingbeskerming
• bestralingsbehandeling
• bestralingseenheid
• bestralingsessies
• bestralingsmasjien
• bestralingsterapie
• sonbestraling
Vertaling:
Engels: radiation, irradiation
Nederlands: bestraling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|