| stewig [boodskap #133888] |
Vr., 02 Oktober 2020 16:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26010 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
stewig
Afbreking: ste•wig
Byvoeglike naamwoord: stewig
Vergrotende trap: stewiger
Oortreffende trap: stewigste
Attributief: stewige
Partitief: stewigs
Betekenis:
• Wat vas is en nie maklik buig, meegee of breek nie.
• Wat groot en sterk gebou is; fris, geset.
• Wat van krag en sterkte getuig.
• Behoorlik; groot; ruim; baie.
Gebruik:
• Die brug rus op stewige betonpilare.
• Hy is 'n stewige kêrel. Sy is 'n stewige vrou.
• As bokser kon hy 'n paar stewige houe uitgedeel.
• Sy het 'n stewige bord kos voorgesit.
Spreekwoord:
• Stewig in die saal sit. [Goed gevestig wees in die pos.]
Sinoniem:
• onwankelbaar
• solied
• sterk
Afgelei:
• stewigheid
Vertaling:
Engels: sturdy, solid, hefty, strong, firm, robust, stable
Nederlands: stevig
Bywoord: stewig
Betekenis:
• Goed of behoorlik.
Gebruik:
• Hy maak die tou stewig aan die paal vas.
Vertaling:
Engels: sturdy, solid, strong, firm
Nederlands: stevig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|