Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konsentreer
konsentreer [boodskap #133864] Thu, 01 October 2020 13:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsentreer
Afbreking: kon•sen•treer


Werkwoord: konsentreer
Verlede tyd: het gekonsentreer

Betekenis:
• Die aandag aan iets toewy en jou daarby bepaal; jouself op 'n saak toespits.
• Op een plek byeenbring.
• (chemie) Sterker maak, soos om oortollig oplosmiddel van 'n oplossing te onttrek.

Gebruik:
• As jy konsentreer sal jy beter doen op skool.
• Alle owerheidsdienste word in een stad gekonsentreer.
• Die oplossing word deur verdamping met versigtige verhitting gekonsentreer.

Sinoniem:
• saambring
• saamtrek
• sentraliseer
• toespits
• verryk
• versterk

Verwant:
• konsentrasie

Vertaling:
Engels: to concentrate, focus, fix
Nederlands: concentreren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: elektronika
Volgende onderwerp: fundi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 03:16:00 UTC 2025