hoflik [boodskap #133857] |
Thu, 01 October 2020 09:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoflik
Afbreking: hof•lik
Byvoeglike naamwoord: hoflik
Vergrotende trap: hofliker
Oortreffende trap: hoflikste
Attributief: hoflike
Partitief: hofliks
Betekenis:
• Op 'n beskaafde en beleefde wyse handel.
Gebruik:
• Wees altyd vriendelik en hoflik, want almal wat jy teëkom is besig om hulle eie stryd te stry.
Sinoniem:
• beleef
• beleefd
• bedagsaam
• fyngemanierd
• goedgemanierd
• welwillend
Antoniem:
• onbeskof
Afgelei:
• hoflikheid
Vertaling:
Engels: courteous, polite, obliging
Nederlands: hoffelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|