skuilhou [boodskap #133850] |
Wed, 30 September 2020 20:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skuilhou
Afbreking: skuil•hou
Samestelling: skuil + hou
Werkwoord: hou skuil, skuilhou
Verlede tyd: het skuilgehou
Betekenis:
• Sorg dat jy nie gesien of gevind word nie.
Gebruik:
• Hoe oortuig jy 'n bang kind dat daar geen monsters onder sy bed skuilhou nie?
Sinoniem:
• skuilgaan
• verberg
• versteek
• wegkruip
Vertaling:
Engels: to hide, shelter
Nederlands: schuilhouden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|