werksetiek [boodskap #133828] |
Tue, 29 September 2020 18:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
werksetiek
Afbreking: werks•e•tiek
Samestelling: werk + -s- + etiek
Selfstandige naamwoord: werksetiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Die innerlike houding teenoor werk; basiese waardes en norme van die wêreld van werk.
Gebruik:
• Iemand met 'n goeie werksetiek is altyd stiptelik, eerlik, toegewyd, lojaal en is trots op sy werk.
Sinoniem:
• arbeidsetos
Verwant:
• beroepsetiek
• beroepskode
Vertaling:
Engels: work ethic
Nederlands: werkethiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|