Leksikograaf Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Dis uitlaatkatalisator (of katalisator-omsetter) van 'n motor wat giftige uitlaatgasse beperk.katalisator
Afbreking: ka•ta•li•sa•tor
Uitspraak: /kɑtɑliˈsɑːtor/
Betekenis:
• 'n Stof wat 'n chemiese reaksie bespoedig of vertraag, sonder om self deur die reaksie verander of verbruik te word.
Gebruik:
• Een van die belangrikste eienskappe van platinum is dat dit 'n uiters doeltreffende katalisator is.
• Die Neanderdallers het mangaandioksied as katalisator gebruik om die ontstekingstemperatuur van hout te verlaag sodat hulle makliker vuur kon maak.