krismiskind [boodskap #133814] |
Mon, 28 September 2020 17:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krismiskind
Afbreking: kris•mis•kind
Samestelling: krismis + kind
Selfstandige naamwoord: krismiskind
Meervoud: krismiskinders
Verkleinwoord: krismiskindjie
Meervoud van verkleining: krismiskindjies
Betekenis:
• 'n Kind wat op Kersfees gebore is.
• Die Jesuskind, Jesus Christus (met 'n hoofletter).
Gebruik:
• Sy is 'n krismiskind.
• Ek wens vir 'n Kersfees waar die kinders weer verstom na die verhaal van die Krismiskind sal luister.
Vertaling:
Engels: christmas child
Nederlands: kerstmiskind
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|