perestroika [boodskap #133775] |
Sat, 26 September 2020 20:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
perestroika
Afbreking: pe•re•stroi•ka
Uitspraak: /perəˈstrojkɑ/
Selfstandige naamwoord: perestroika
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Groot politiese hervorming, soos Michail Gorbatsjof se herstrukturering van die Sowjetunie in die 1980's.
Gebruik:
• Ná Stalin se terreur wou Gorbatsjof weer die Sowjet-Unie opbou deur die toepassing van "glasnost" (openheid) en perestroika (staatkundige en ekonomiese hervorminge).
Vertaling:
Engels: perestroika
Nederlands: perestrojka
Nota:
• Van Russies, перестройка "restrukturering".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|