skuimspoor [boodskap #133763] |
Sat, 26 September 2020 12:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skuimspoor
Afbreking: skuim•spoor
Samestelling: skuim + spoor
Selfstandige naamwoord: skuimspoor
Meervoud: skuimspore
Verkleinwoord: skuimspoortjie
Meervoud van verkleining: skuimspoortjies
Betekenis:
• 'n Spoor van turbulente, skuimende water agter 'n skip.
Gebruik:
• 'n Boot klief deur die water met 'n lang skuimspoor agterna.
Sinoniem:
• kielsog
• kielwater
• slagwater
Vertaling:
Engels: wake
Nederlands: kielzog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|